Privaat Hospitaal: Kouga

Kouga kan steeds uitsien na die ontwikkeling van die voorgestelde nuwe privaat hospitaal in Jeffreysbaai

Die ontwikkeling sal nou by ‘n perseel aangrensend aan die Polykliniek plaasvind en sodra die onderverdeling van die grond gefinaliseer is, sal daar begin word met ‘n herbeplanning van die hospitaal deur Origin Health. Die aansoek om onderverdeling is reeds by die Kouga Munisipaliteit ingedien en word finale uitsluitsel daaroor teen middel Februarie verwag.

Bouwerk aan die nuwe hospitaal sal na verwagting in die 3de kwartaal begin.

Origin Health is steeds baie “commited” tot die projek en betreur hulle tans die vertraging agv gebeure buite hul beheer.

Alles moontlik word tans gedoen om die hospitaal te verwesentlik en alles blyk op koers te wees.